Welcome to edandgill.com

 

Welkom by die Milne's se e-bladsy!

Pieter en Nita

Baba Stèphan Pieter Van Der Merwe

 

Oupa Milne is oorspronklik van Caledon in die Wes Kaap, Suid Afrika.  Hy was gebore op die 14 Julie 1917 en is oorlede in January 2003.  Ouma Milne is gebore op die 1 Julie 1925.  Sy bly huidiglik in Durban by Tannie Ria.  Pa Frikkie was die eersteling van Oupa en Ouma.  Hy is gebore op die 26st April 1946 en is oorlede op die 14de September 2002.  Hy het drie susters gehad naamlik, Tannie Lina, Tannie Elize en Tannie Ria.  Ouma is nou al twee keer ouma grootjie gewees en sal weer ouma grootjie raak met die geboorte van James Robert Milne.  Die geboorte van James is die begin van die volgende geslag Milnes.

Pa Frikkie het getrou met Ma Maudie.  Ek, Eddie, het 'n groot suster naamlik Corrie.  Corrie is die oudste van ons twee en sy bly huidiglik in Pretoria.  Sy het 'n lieflike dogtertjie met die naam van Simonè Thiart.  Ma Maudie bly baie naby aan Corrie en hulle sorg baie goed vir mekaar.  Ma Maudie het nou al twee keer vir ons hier in London kom kuier.  Ons mis haar nogal baie wanneer sy nie hier is nie.

Pa Frikkie het weer getrou met Ma Erika.  Sy is ma van ons klein sussie Nita.  Ek was 10 toe Nita gebore is.  Sy was die oulikste dogtertjie gewees met baie krul hare!  Sy het baie gou groot geword en weet net hoe om haar broer om haar vinger te draai.  Nita is getroud met Pieter of "Pietie" van der Merwe.  Sy is ma van haar eie klein seuntjie, Stèphan van der Merwe.  Stèphan is gebore op die 22st April 2006 en het 4.19kg geweeg op sy geboorte.  Julle kan na foto's van Stèphan kyk onder sy eie bladsy.

Ma Erika is nou getroud met Pierre Hanekom en hulle bly in die Kaap!  Ons kan gelukkag gereeld by hulle gaan kuier en ons hoop om Ouma Erika ook hier in London te sien.

Ek is getroud op die 1st Junie 2002 met Gillian Claire Blore.  Sy is my wonderlike vrou en ons bly nou al amper sewe jaar hier in London!  Ons eerste baba is nou oppad en ons probeer om die internet te gebruik om vir almal by die huis te kan wys hoe ons lewe en hoe ons nuwe aankomeling lyk en groei.

 

 

|Home| |About Us| |Baby James| |The Blores| |Die Milnes| |Our New House| |Living in London | Holidays |Download|